Local newsNewsNews

Perd van eienaar gered en soek nuwe tuiste

'n Perd wat op 28 Desember 2022 weens uitputting in Kareestraat in SE3 in Vanderbijlpark inmekaargesak het terwyl hy besig was om 'n waentjie te trek is intussen van sy eienaar verwyder en het 'n nuwe huis nodig.

VANDERBIJLPARK. – Die Highveld Horse Care Unit het instussen op die dier beslag gelê.

Die nie-winsgewende organisasie wat hom vir die welstand van perde beywer het Woensdag (4 Januarie 2023) op hul Facebookblad gesê die perd is van die eienaar verwyder en is nou op soek na ‘n nuwe tuiste.

Die hings is twee jaar oud en benodig ‘n nuwe tuiste waaraan hy stadig aan gewoond kan raak.

Mense wat belangstel om die perd aan te neem kan ‘n aansoekvorms by die Highveld Horse Care Unit se webswerf by www.horsecare.org.za kry of 082 921 1644 skakel vir meer inligting.

*Lees die oorspronklike nuusberig hier.

Die perd het in Desember glo weens uitputting in Kareestraat in SE3 in Vanderbijlpark inmekaargesak. Foto: Verskaf
Die Highveld Horse Care Unit het in ‘n Facebook-plasing gesê die perdjie is uit die eienaar se toesig verwyder en soek nou ‘n nuwe tuiste. Skermskoot: Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button