Local newsNewsNews

Siekte eis distriksdirekteur in die kantoor van die speaker van Sedibeng

Hy sal onthou word as ‘n aktiewe lid van die gemeenskap wat ’n bewyse bydrae tot die ontwikkeling van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit gemaak het.

MIDVAAL. – Die distriksdirekteur in die kantoor van die speaker van Sedibeng, mnr. James Dlangamandla, is onlangs oorlede weens siekte.

 

Die burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, rdh. Peter Teixeira, het in ’n verklaring sy innige meegevoel oor Dlangamandla se heengaan uitgespreek.

 

Dlangamandla is destyds as raadslid van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit verkies, is toe tot die burgemeesterskomitee van die Sedibeng Distriksmunisipaliteit verkies en het die laaste paar jaar gedien as die distriksdirekteur in die kantoor van die speaker van Sedibeng.

 

Volgens Teixeira het Dlangamandla ’n bewese bydrae tot die ontwikkeling van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit gemaak.

 

“Hy was altyd gretig om te help tydens sy ampstermyn as burgemeesterskomiteelid van Vervoer en infrastruktuur.

 

“Ons stuur ons innige simpatie en meegevoel aan sy familie, vriende en kollegas. Mag sy siel in vrede rus,” het Teixeira in ’n verklaring gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button