Local newsNewsNews
KYK: Nuwe rekrute gaan help om misdaad in Sedibeng hok te slaan
Altesaam 240 nuwe rekrute wat pas aan die polisiekollege in Pretoria gegradueer het sal die polisie dié Feesseisoen in die Sedibeng-distrik uithelp en ter selfde tyd waardevolle praktiese ondervinding in hul veld opdoen.
VANDERBIJLPARK. – Brigadier Mbanga Nkhwashu, adjunk-distrikskommissaris in die Sedibeng-distrik, het die nuwe rekrute Woensadagoggend (21 Desember 2022) tydens ‘n uitpasseringsparade by die Isak Steyl-stadion verwelkom.
Brigadier Nikiwe Sefatsa, stasiebevelvoerder van die Vanderbijlpark-polisie, het tydens ‘n uitpasseringsparade gesê die nuwe polisiekonstabels sal na die 14 polisiestasies in die Sedebing-distrik uitgeplaas word waar hulle met polisiëring sal help.
Die konstabels sal gedurende die Feesseisoen ook help om die polisie se hand te versterk.
Blykbaar sal dié in diens opleidig sowat ses maande duur.





At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
