Midvaal Bikers for Girlaz – 11 Februarie
Oproep op alle bikers om die besonderse projek te ondersteun.
VANDERBIJLPARK. – Die Midvaal Bikers gaan groot op 11 Februarie met ‘n spesiale dag om fondse en sanitêre produkte vir skoolmeisies in die Vaaldriehoek in te samel.
Jacké Labuscagne van die klub sê daar word ‘n groot biker fees beplan op 11 Februarie by die Centurions Club MC in Shakespearstraat, Vanderbijlpark.

Kaartjies beloop R60 per persoon en die hekke open om 10:00.
Oor die 40 klubs het alreeds ‘n aanduiding gegee dat hul die dag en die projek gaan ondersteun.
Verskeie van die Vaal se sangers gaan ook ‘n draai daar maak. Leonardo se vertoning begin om 15:00 en DJ Ben sal deur die loop van die dag musiek verskaf.
Die dag beloof om pretbelaai te wees met hope vermaak, ‘n prysuitdeling en vele verrassings. Daar sal natuurlik ook meer as genoeg te ete en drinke wees.
Vir meer besonderhede kontak Jacké. Haar nommer is 073 971 9709.

