Local newsNewsNews

Bring Hoop Vaal werk hard met goeie resultate

Bring Hoop Vaaldriehoek werk hard om 'n verskil te maak.

VAALPARK. – Stephen Venter en sy span van Bring Hoop Vaaldriehoek het in Desember behoorlik gewikkel in Vaalpark en Sasolburg om slaggate te herstel en die gebied weer mooi te laat lyk.

Die besige kruising by Minnaar en Paardeberg in Vaalpark is ordentlik skoongemaak sodat aankomende verkeer gesien kan word.

Stephen sê hulle was twee wat die oggend begin het en toe hul weer sien het nog agt mense van die dorp en Morné Pienaar van die VF+ Sasolburg kom hand bysit.

Hy is baie trots op sy twee seuns, Tyler en Nathan Venter wat ywerig deur die vakansie gehelp het om slaggate te herstel.

Stephen is dankbaar dat hul op Kersdag ‘n gesin in nood kon help met ‘n kospakkie. Die gesin was op daardie stadium al twee dae sonder kos.

Die kospakkie wat hul kon saamstel op Kersdag vir ‘n gesin in nood.

Hulle kon ook seker maak dat daar geskenkies vir die twee kinders is, sodat hul Kersfees ook besonders was.

Stephen se groot droom vir die Nuwejaar is om die grootste moontlike verskil in Vaalpark, Vanderbijlpark en Sasolburg te maak.

“Ons kan self die dorpe regruk en dis tyd dat ons besef as ons dit nie self doen nie, gaan daar niks oor wees om te red nie,” het hy gesê.

Oud en jonk het ingespring en slaggate herstel.

Bring Hoop Vaaldriehoek kort tans nie-bederfbare kos om meer gesinne te kan help. Enige persoon of winkel wat bereid sal wees om ‘n skenkingsboks by hulle deur te hou kan Stephen kontak by 0825731190.

Die bankbesonderhede is:

Boere Droogtehulp SA NPC

FNB

Rek no : 62801333163

Tak kode : 250655

Verwysing : Vaal

“Omdat ons ‘n NPC is kan ons vir mense en besighede ‘n Artikel 18A gee vir hulle skenking vir belasting doeleindes,” het Stephen laat weet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button