Local newsNewsNews

Watervoël sensus, kom tel saam

Die Vaal Voëlklub skop die jaar op 'n bedrywige noot af. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Die Vaal Voëlklub hou Saterdag, 28 Januarie 2023 hul eerste Coordinated Waterbird Count (CWAC) of dan watervoëlsensus op die Vaalrivier.

Dit is die 20ste CWAC op die Vaalrivier wat deur die Vaalvoëlklub gereël word en deur Stonehaven on Vaal geborg word.

Foto’s verskaf

Gaste is welkom om te kom help tel. Kontak vir Cliff Wright (083 304 5797) om jou naam deur te gee.

Almal kom om 06:00 by Stonehaven on Vaal bymekaar vanwaar hulle in groepe opgedeel sal word

Die Voëlklub se eerste byeenkoms vind plaas Maandag, 16 Januarie by die Palm’s Aftreeoord.

Na ‘n kort algemene vergadering gaan Hennie Storm gesels oor die voëls in die suidelike gedeelte van Mozambiek.

Boomkruiper. Foto: Hennie Storm

Gaste is welkom om die aand by te woon en by die klub aan te sluit.

Vir meer inligting oor die Vaal Voëlklub en hul bedrywighede kontak Rina de Klerk by 082 626 6990 of stuur ‘n e-pos na deklerkr@telkomsa.net.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button