Local newsNewsNews

Meandro maai onder visse en medaljes

SASOLBURG. - Meandro Pieters, 'n o/13 hengelaar van die Hap en Kap-hengelklub Sasolburg, het aan die einde van verlede jaar (12 tot 14 Desember) die Vrystaatspan verteenwoordig tydens die o/13A SA Kampioenskappe wat by Bloemhofdam gehou is.

Die span het sake uitgespook teen spanne van die Westelike Provinsie, Gauteng Noord B, Sentraal Noordwes B,  Gauteng Noord A, Noordoos Mpumalanga A, Sentraal Noordwes A, Limpopo A en Gauteng A.

Die Vrystaat span het puik presteer en die eerste plek en verower. Meandro het as individuele hengelaar die algehele tweede plek behaal en is as Victor Ludorum aangewys.

Oor die drie dae het die jong hengelaars 1 460 vis met ‘n gewig van 1 348,929 kg ingeweeg vir punte.

Meandro het oor die drie dae ‘n totaal van 41 vis (41,140kg) ingeweeg.

Die o/13 Vrystaatspan met Meandro voor in die middel.
Meandro wys die twee toekennings waarmee hy beloon is. Foto’s: Verskaf

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button