Local newsNewsNews

Meyerton-onderneming se TikTok video oor hidro-drukwerk vat vlam op internet

’n Video van 15 sekondes lank wat die proses van wateroordragdruk of hidro-drukwerk illustreer het viraal gegaan op die sosiale netwerk TikTok.

MEYERTON. – Die video is deur Mr Hydro Dipping, ’n klein onderneming in Meyerton wat dié soort drukwerk doen, opgelaai.

Luke Cragg, Hydro Dipping se administratiewe beampte wat ook die onderneming se sosiale media hanteer, sê nadat die video opgelaai is het dit onmiddelik die aandag van TikTok-gebruikers getrek.

Die video is teen Donderdagoggend meer as 5.3 miljoen keer gekyk.

Op die video doop ’n hidro-drukwerk spesialis ’n motoronderdeel in water as deel van die wateroordragdruk-proses.

@mrhydrodipping

#hydrodip #custom #roshnee #meyerton #johannesburg #pretoria #vereeniging #threerivers #gauteng #centurion #midrand #hydro #carbonfiber #carbon #hydrodipped #hydrodipper #hydrodippinatitsfinest #driptok #drip

♬ ALIEN SUPERSTAR – Beyoncé

Cragg meen die liedjiekeuse en tydsberekening het moontlik bygedra tot die aanvanklike gewildheid van die video.

Dit is gevolg deur ‘n tweede golf van gewildheid toe motorentoesiaste en werktuigkundiges op TikTok begin debatteer en baklei het oor die pasmaak van motoronderdele wat baie warm raak.

Daar is ook vrae gevra of die verflaag die temperature en hitte binne ‘n enjin sou weerstaan.

Die omstredenheid het die gewildheid van die video aangedryf en kort voor lank is die video wêreldwyd gedeel waar dit ‘n derde golf van gewildheid ervaar het.

“Die gewildheid kan waarskynlik aan ‘n perfekte sameloop van omstandighede en die inhoud daarvan verklaar word,” meen Cragg.

Die hidro-drukwerk metode kan gebruik word om drukke op harde oppervlaktes soos plastiek, metaal, glas, hout, keramiek en veselglas te doen.

Die voorwerp word eers skoongemaak en gereed gemaak vir die drukwerk waarna die druk met behulp van water oorgedra word.

Daarna word drie beskermende lae oor aangebring om die drukwerk te beskerm.

Om meer uit te vind oor Hydro Dipping en die werk wat hulle doen, besoek hulle gerus op sosiale media by:

Facebook: https://www.facebook.com/mrhydrodip

Instragram: https://instagram.com/mrhydrodipping

Omtrent enige soliede voorwerp met ‘n harde oppervlak kan deur middel van wateroordragdrukwerk verfraai word. Foto: Facebook/Mr Hydro Dipping

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button