Local newsNewsNews

Uit my pen – die week in Vaalweekblad

Lees hier vir 'n voorsmakie oor wat jul die week in Vaalweekblad te wagte kan wees.

In Vaalweekblad van 18 Januarie is daar ‘n verskeidenheid van stories. ‘n Ontsnapte tier, ‘n brandweerwa wat nou kitskos bedien, blokraai en nog vele meer.

Ek kan nie daaroor uitbrei nie, want ek het dit nie geskryf nie. Maar tussen jou en my gesê, die blokraai antwoord vir 2 AF is spiesgooi. (Julle het dit nie by my gehoor nie!)

Self het ek die week by my Wetenskaponderwyser van 1989 gaan kuier en lekker gesels oor alles en nog wat. Lees meer oor Mnr Michiel van der Walt op bl. 8.

Dan is daar die storie van Olga, die jong wolf, wat verlede week met katgriep in die hospitaal beland het. Gelukkig stuit Dr Letitia Swartz en haar span vir niks en Olga sterk goed aan.

In my rubriek, Ek sê maar net, vertel ek van die eienaardige verskynsel wat verlede week in die strate opgemerk is. ‘n Regte-egte vullisverwyderingstrok! Dan is ek en Ma ook (alweer) slaags met ‘n boom… Lees meer op bl. 12.

Jou Vaalweekblad is van 18 Januarie te koop. Lekker nuus teen ‘n sakpasprys.

Groetnis van huis tot huis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button