Local newsNewsNews

Midvaal-brandweer help uit toe Emfuleni se diesel glo op raak

Die Midvaal-brandweer se hulp is Dinsdagoggend (24 Januarie 2023) ingeroep om 'n brand by 'n huis in Gary Playerstraat in Unitaspark te blus toe die Emfuleni-brandweer blykbaar nie diesel gehad het om na die toneel uit te ry nie.

VEREENIGING. – Volgens omstanders het die brand in die omgewing an 08:00 ontstaan.

Die Emfuleni-brandweer is ontbied maar het glo nie diesel gehad om na die toneel uit te ry nie.

Klippies Kritzinger van die Goue Driehoek-sakekamer het in ‘n plasing op Facebook-gesê dat lede van die gemeenskap moes help om die brand onder beheer te bring.

Die Midvaal Brandweer het later van Meyerton af Vereeniging toe gery om die brand te blus.

Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, julle is ‘n verleentheid! Nooddienste moet ‘n prioriteit wees, maar nie in Emfuleni…waar salarisse die prioriteit is nie,” het Kritzinger geskryf.

Vaalweekblad het navrae rondom die voorval aan die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se woordvoerder, Chuchi Radebe, gerig.

Ons wag nog vir terugvoer maar sal die kommentaar plaas sodra ons dit ontvang.

Die smeulende dak van die huis in Gary Playerstraat, Unitaspark, waar ‘n brand Dinsdagoggend (24 Januarie 2023) ontstaan het. Foto: Christiaan Cloete
Omstanders moes Dinsdagoggend (24 Januarie 2023) blykbaar self inspring toe die Emfuleni-brandweer nie diesel gehad het nie. Foto: Christiaan Cloete
Lede van die Midvaal-brandweer op die toneel. Foto: Christiaan Cloete
Een van die inwoners van die huis word deur ‘n familielid vertroos op die toneel. Foto: Christiaan Cloete
Die huis is in puin gelê in die twee ure wat dit geneem het om die brand te blus. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button