Uit my pen – die week in Vaalweekblad
Vaalweekblad is weer vanaf Woensdag te koop. Goeie leesstof teen 'n sakpasprys. Lees meer...
Jou weeklikse leesgenot, Vaalweekblad, is weer van Woensdag, 25 Januarie op die rakke.
Hierdie week het ek heerlik saam met Mia Kapp en haar 58 geredde katte gekuier, met Nando die Ara papegaai wat vanuit sy groot hok ons dopgehou het. Lees meer op bl. 7.
Dan was ek ook in die bevoorregte posisie om koffie te drink saam met een van Suid-Afrka se opkomende operasangers, Drikus Schoeman. Die begaafde jongman deel meer oor sy toekomsdrome met ons op bl. 8
Daar is goeie nuus oor Leroi le Roux wie se been verlede jaar geamputeer is, maar nou in ‘n veldatleet ontpop het. Lees meer op bl. 14
Natuurlik het ek weer veel te sê in my rubriek, Ek sê maar net…, met beurtkrag aan die orde van die dag en swaar op my gemoed. Die rubriek is te vinde op bl. 12 van die koerant.
Lekker lees en groetnis van huis tot huis.
