LetterLocal newsNews

‘Arm’ kind ontdek grootste Skat op geborgde vakansie

"Ek was jare terug ook een van die minderbevoorregtes......"

 

 

Annatjie de Jonge skryf:

Ek reageer graag op die aanlynberig oor kinders van die Trentico Kinderhuis in Vereeniging wat in Desember op ’n onvergeetlike vakansie na die see by Richardsbaai kon gaan danksy ’n fondsinsameling wat vroeër verlede jaar vir hulle gehou is:

Ai, hoe laat dit my terugverlang na my kinderdae! In 1967 is ek en my boetie (van sewe kinders in ons gesin), gekies as minderbevooregtes om saam met die OVV en Star-koerant vir ‘n vakansie Durban toe te gaan. Ons kon saam met ander kinders van reg oor die land die April-vakansie by die Star Seaside Home deurbring. O, watter belewenis en ‘n lewensverandering was dit nie! Ek het daar my hart vir Jesus gegee, daarom sê ek dit was ‘n lewensveranderende gebeurtenis dat ons armoedige omstandighede my die rykste Skat gegee het!

Ek is vir altyd dankbaar daaroor en as ek hoor kinders word op so ‘n vakansie geneem, wonder ek of die geestelike kant nog ‘n prioriteit is. Dankie aan al die borge wat dit steeds vir kinders moonlik maak om ‘n seevakansie te geniet.

Illustrasiefoto

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button