Local newsNewsNews

HS Overvaal skoolmaats kuier saam na 36 jaar

Tyd staan nie stil nie, dit vlieg eintlik verby. Maar die tyd is onlangs terug gedraai vir 13 skoolvriende wat 36 jaar gelede saam aan die HS Overvaal in Vereeniging matrikuleer het.

Elize Kunppel (voorheen Van der Walt) wat reeds jare lank in Dubai woon, het besluit dat haar Januarie-kuier in Suid-Afrika sommer ‘n mini-reunie met ‘n paar skoolvriende moet insluit.
Na een of twee oproepe aan oud-skoolmaats is die bal aan die rol gesit. Op Saterdag, 21 Januarie het 13 skoolvriende weer saam gekuier na al die jare.
Die geleentheid is by Blos Café in Faerie Glen, Pretoria gehou. Die maats wat die onggend saam gekuier het sluit in:
Elize van der Walt-Knuppel (links) en Marna Enslin.
Van links is: Helen van Heerden, Carmen Johns en Tanya Singleton.
Michelle Mans (links) en Elsje Vermeulen.
Sommige van die oud-vriende is reeds van laerskool in mekaar se lewens. Uit die 13 is slegs 3 steeds woonagtig in die Vaal.
Maar soos Dr. Seuss sê: How did it get so late so soon?
Die tyd om mekaar weer te groet het te vinnig aangebreek, maar aan die einde van die dag was vriendskapsbande verstewig en harte oorvol van liefde en dankbaarheid.
Tyd is so kosbaar, mens besef nie hoe waardevol dit is totdat dit weg is nie. So maak die beste van elke dag, koester jou mooiste herinnering uit die verlede … en soms is mens gelukkig om sulke oomblikke weer te herleef (al is dit net vir een sonnige Saterdag).
Daar was heerlike saam gekuier.
Elmarie Strydom (links) en Michelle Henrico.
Chami Degenaar (links) en Erika Liebenberg.
Michelle Henrico (links) en Gerrit Cloete.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button