Local newsNewsNews

Ferreira en Kruger wen Midvaal Fast One-fietswedren

Franco Ferreira, 'n veteraan fietsryer van die Premier Logistics Solutions-fietsryspan, het Sondag (29 Januarie 2023) die Midvaal Fast One-fietswedren oor 103km gewen, nadat hy en twee ander ryers ongeveer 70km van die einde af van die groep weggebreek het.

MIDVAAL. – Franco, sy spanmaat, Drikus van der Walt, en Martin Pieterse van die Northcliff Cycles-fietsryspan het die peloton met sowat 70km oor agtergelaat en toe saam weggebly tot die einde toe.

Franco het die naelrit by die einde gewen, met Pieterse wat tevrede moes wees met ‘n tweede plek. Franco se spanmaat, Drikus, het in die derde plek geëindig.

Tanit Kruger was die eerste dame oor die eindstreep met Erica Potgieter in tweede plek en Mamello Letsi in die derde plek.

Duisende fietsryers het Sondag aan dié fietswedren, wat deur die Rotariërs van Riverside in samewerking met die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit aangebied word ,deelgeneem.

Dit is die eerste keer in twee jaar wat die wedren plaasvind. (Dit is in 2021 en 2022 weens die Covid-panemie gekanselleer).

Weens uitdagings met die toestand van die paaie moes die roete van dié gewilde fietswedren effens gewysig word.

Die elite-, o.23,- o.16- en elite dames-wedrenne is gekanselleer weens finansiële uitdagings, wat die verteraan-ryers vanjaar in die kollig geplaas het.

Franco Ferreira, vier sy oorwinning in die Midvaal Fast One-fietswedren. Foto: Christiaan Cloete
Franco Ferreira, Drikus van der Walt en Martin Pieterse het van die peloton af weggebreek. Foto: Christiaan Cloete
Tanit Kruger (derde van links) het die dameswedren gewen. Saam met haar op die foto, van links na regs: Anton Groenewald (munisipale bestuurder), Chantal Gomes (burgemeesterskomiteelid vir korporatiewe dienste), Tanit Kruger (wenner), Erika Potgieter (tweede) en Mamello Letsie (derde) en Albertus Kriel (president van die Rotariërs van Riverside). Foto: Christiaan Cloete
Paul Koorts, ‘n ouditeur en rekenmeester van Vereeniging, en Herman Steyn, ‘n makelaar van Vereeniging, lig hul fietse triomfantlik in die lug nadat hulle Sondagoggend die Midvaal Fast One-fietswedren voltooi het. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button