‘n Pruik vir Anja (11) – Leukemie pasiënt
'n Pretstap om 'n jong leukemielyer se hart te verbly.
VANDERBIJLPARK. – Anja Botha (11) is onlangs met Leukemie gediagnoseer.
Die pragtige meisiekind is tans in Pretoria waar sy behandeling by die Steve Biko Hospitaal ontvang.
Haar ouma, Estelle Terblanche het laat weet Anja was nog altyd trots op haar lang bos hare, maar gaan dit nou weens die behandeling verloor.

Anja se grootste wens op die stadium is om ‘n pruik met lang hare te kan kry.
Vriende het reeds ingespring en ‘n spesiale Pretstap gereël om die nodige fondse in te samel.
Die Pretstap vind plaas Saterdag, 4 Maart by NG Vanderbijlpark Sentraal gemeente in Conan Doylestraat, SW1.
Inskrywings beloop R30 per persoon. Inskrywings open om 07:00 en die 5 km Pretstap begin om 08:00.
Daar sal ook hotdogs en koeldrank te koop wees, asook ‘n haarskeer- en kleurstasie.
Almal word gevra om oranje op die dag te dra.
Vir meer inligting kontak Sonica Dry by 0613578549.
