Local newsNewsNews

Hoërskool Driehoek – Die hemele huil saam

'n Gedenkdiens en kranslegging is op 1 Februarie by die Hoërskool Driehoek gehou.

VANDERBIJLPARK. – 1 Februarie 2019. ‘n Dag wat in ons geheue vasgebrand is.

Die dag wat ‘n brug by Hoërskool Driehoek geval het. Talle is beseer. Vier het gesterf.

Vandag, vier jaar later, is die dag weer herdenk met ‘n gedenkdiens en ‘n kranslegging.

Die gedenkteken waar daar elke jaar ‘n kranslegging gehou word op 1 Februarie. Foto: Gerda Bruinette

Die groep leerders wat die ramp as Graad 8’s beleef het, is nou in matriek.

Die seer lê nog vlak. Die hartseer was groot by die kranslegging waar die matrieks in stilte in die reën vergader het.

Ons harte gaan uit na elke leerling, ouer, die hoof en onderwysers. Ons dink aan julle.

‘n Volledige berig sal in Vaalweekblad van 8 Februarie gepubliseer word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button