Kuier saam met die SA Jagters Vaaldriehoek
Die SA Jagters Vaaldriehoek speel 'n groot rol in wildbewaring. Leer meer op 9 Februarie.
VANDERBIJLPARK. – Die SA Jagters Vaaldriehoek skop hul jaar af met ‘n aandbyeenkoms Donderdag, 9 Februarie.
Hulle nooi alle belangstellendes uit om saam met hul te kom kuier en die Nasionale President van die Suid-Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV), Basie Bergh te ontmoet.
Basie gaan gesels oor die werk waarmee die SAJWV ten op sigte van wildbewaring besig is op plaaslike, nasionale en internasionale vlak.
Jan de Man het laat weet dat daar ‘n kontantkroeg beskikbaar sal wees.
Braaipakkies word te koop aangebied vir ‘n lekker kuiersessie na die amptelike verrigtinge.
Die byeenkoms begin om 19:00 by Ingwe Lodge.
Bring jou vriende en famlie en kom skop die jaar saam met die jagters af om te sien wat hul alles doen, behalwe om net te jag.
Vir navrae kontak Jan de Man by 082 784 2350.
