Local newsNewsNews

Soektog na vermiste Jan Dirkse Grobler

Mike Bolhuis, privaatspeurder van Specialized Security Services het 'n beroep op die publiek gedoen om te help om mnr. Jan Dirkse Grobler (69) - 'n man wat in Mei verlede jaar vermis geraak het - te vind.

VANDERBIJLPARK. – Volgens Bolhuis is mnr. Grobler op Dinsdagaand (3 Mei 2022) omstreeks 20:50 in die omgewing van Scottstraat in Vanderbijlpark gesien voor hy spoorloos verdwyn het.

Hy het sy huis verlaat en was per voet na die Busy Bee Hospice op pad.

Mnr. Grobler is maer, is ongeveer 1.6m lank en weeg sowat 65kg.

Hy het blou oë en het verskeie tattoeërmerke op sy arms en bors.

Toe hy die laaste keer gesien is het hy ‘n grys en wit sweetpakbaadjie, ‘n grys broek en wit tekkies gedra.

Hy is reeds in Mei as vermis by die polisie in Vanderbijlpark aangemeld.

Mense met inligting word versoek om vir me. Maatjie Swanepoel by 066 007 1818 te skakel of ‘n e-pos te stuur aan (066) 007 1818.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button