Local newsNewsNews

Man wat honde verwaarloos kry R10 000 boete of tronkstraf

'n Man van Vanderbijlpark wat verlede jaar aangekla is nadat hy 12 honde op sy eiendom verwaarloos het is 'n boete van R10 000 of sewe maande tronkstraf opgelê

VANDERBIJLPARK. – Mnr. Selebalo Clement Molefe (37) is onlangs in die Vanderbijlpark-landdroshof skuldig bevind op vier aanklagte van wreedheid teenoor diere in terme van die dierebeskermingswet.

Die hof het ook ‘n kostebevel teen Molefe gemaak waarvolgens hy die veeartsonkostes wat deur die Dierebeskermingsvereniging van Vereeniging en Vanderbijlpark aangegaan is moet betaal.

Inspekteur Lycinda Visser van die DBV het tydens die saak getuig, waarna Molefe skuldig gepleit het op die aanklagte teen hom.

Die honde was volgens die DBV uitgeteer en in ‘n verswakte toestand toe hulle gevind is.

Die diere is in vuil toestande aangehou en het nie toegang tot kos en water gehad nie.

‘n Beampte van die DBV knip die slot om toegang tot die perseel te kry. Foto: Christiaan Cloete
Lede van die Vereeniging en Vanderbijlpark DBV op die toneel. Foto: Facebook/SPCA Vereeniging & Vanderbijlpark

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button