Local newsNewsNews

Bikers 4 Girlaz – 11 Februarie 2023

'n Biker saamtrek vir 'n goeie doel, hierdie Saterdag, 11 Februarie 2023

VANDERBIJLPARK. – Saterdag, 11 Februarie is ‘n groot dag op die biker kalender.

CMA Midvaal het die afgelope maande geld en sanitêre ware vir 14 skole in die Vaal area ingesamel om meisies te help.

Die fondsinsamelingsprojek bereik Saterdag ‘n hoogtepunt met die samekoms van oor die 500 bikers ten bate van die projek.

Die dag skop af met ‘n massarit van die Blokhuis vulstasie op die R59 om 09:00 tot by die Centurions Club MC in Shakespearestraat in Vanderbijlpark.

‘n Vol program word beplan met vele verrassings en lekker kuier. Hekke open om 10:00.

Deur die loop van die dag sal verskeie Suid-Afrikaanse kunstenaars optree van Winter Z tot by Leonardo. DJ Ben sal deurlopend musiek verskaf.

Jacké Labuschagne van CMA Midvaal sê: “Ons gaan geskiedenis maak. Dit is die eerste keer in 10 jaar wat so iets gedoen word.

“Dit het alles begin met ons President se vrou, Zelda Pieterse se droom om kinders se lewe te verbeter.”

Vir meer besonderhede kontak Jacké. Haar nommer is 073 971 9709.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button