Local newsNewsNews

Weermagveterane bring hulde aan genl. Christiaan de Wet

Weermagveterane van die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) se Kiewiet-tak in Vereeniging het die naweek by die Anglo-Boereoorlogmuseum in Bloemfontein gaan kuier om hulde te bring aan die boeregeneraal Christiaan Rudolph de Wet.

BLOEMFONTEIN. – De Wet is op 3 Februarie 1922 op sy plaas in Dewetsdorp in die Oranje Vrystaat oorlede.

Dit was Vrydag (3 Februarie 2023 persies 101 jaar sedert sy dood.

Genl. Christiaan Rudolf de Wet (7 Oktober 1854 – 3 Februarie 1922) was ‘n generaal, rebellieleier en politikus wat ‘n sentrale rol in die Tweede Vryheidsoorlog of Anglo-Boereoorlog (Oktober 1899 tot Mei 1902) gespeel het en sal onthou word as een van die groot krysmanne van die oorlog.

De Wet was ook ‘n sleutelfiguur in die rebellie van 1914.

Die geleentheid is Vrydag deur die weermagveterane, sowel as die Brendin Horner-stigting en die FAK se OVS-kultuurnetwerk bygeweoon.

Okkie Jooste van die SAWV se Kiewiet-tak in Vereeniging het dr. Johan van Zyl van Anglo-Boereoorlogmuseum bedank vir die tyd wat hy gemaak het om weermagveterane deur die museum te neem.

Jooste meen die personeel van die museum doen reusewerk daar en sê die museum is beslis die moeite werd om te besoek.

Weermagveterane by die Anglo-Boereoorlogmuseum in Bloemfontein. Foto: Verskaf
Weermagveterane in Bloemfontein om hulde te bring aan genl. Christiaan de Wet. Foto: Verskaf
Genl. Christiaan Rudolf de Wet (7 Oktober 1854 – 3 Februarie 1922): boeregeneraal, rebellieleier en politikus. Foto: Wikipedia
Blomme by ‘n gedenkteken ter nagedagtenis aan genl. De Wet. Hy is op 3 Februarie 1922 dood. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button