Sysies onder bespreking by Vaal Voëlklub
Word deel van natuurbewaring en die avonture van die Vaal Voëlklub.
VANDERBIJLPARK. – Die Vaal Voëlklub het weer ‘n bedrywige Februarie wat voorlê.
Hul skop die maand af met hul maandelikse byeenkoms by die Palms Aftreeoord, Maandagaand 13 Februarie.
Hierdie maand gesels Hennie de Klerk oor Sysies (Waxbills) en Johan Tempelhoff sal ook meer vertel oor die vleilande in Suid-
Afrika.
Die byeenkoms begin om 19:00 en nie-lede word uitgenooi om ook te kom luister.
Dan beplan die Voëlklub ook ‘n besoek aan die Marieval-voëlreservaat, Saterdag 18 Februarie 2023.
Dit beloof om baie interessant te wees en ook bietjie vrede vir die siel te bring.
In Maart is daar weer ‘n uitreik na Boschenvaal.
Rina de Klerk het laat weet, die klub sal graag nuwe lede van alle ouderdomme verwelkom om deel van hul uitreik-aksies, uitstappies en watervoël-sensus projekte te raak.
Vir meer inligting kontak gerus vir Rina de Klerk by deklerkr@telkomsa.net.
