Local newsNewsNews

Vaal se bobaas Meesters-atleet oorlede

SASOLBURG. - Reuben Smit het diep spore in Suid-Afrikaanse Meesters-atletiek getrap en in sy glorieryke sportloopbaan meer as 650 medalje's, trofees en sertifikate verwerf.

Reuben, jarelange inwoner van die dorp, was op 12 Januarie op pad terug van ‘n dokters afspraak in Potchefstroom in ‘n ernstige motorongeluk betrokke.

“Volgens ooggetuies het my stiefpa se motor die pad verlaat, waarna die voertuig gerol en op sy dak tot stilstand gekom. Hy is deur die Parys Ambulansdienste na Vaalpark Netcare Hospitaal geneem, waarna hy later die dag deur ER24 na die Alberton Netcare Hospitaal verplaas is,” vertel Boneta van Staden (stiefdogter) namens die gesin.

Reuben is in die Trauma ICU opgeneem, waar hy die beste moontlike sorg ontvang het. Hy het ongelukkig bietjie meer as twee weke na die ongeluk op 30 Januarie die stryd verloor na sy hart verskeie kere gaan staan het.

Volledige berig en meer oor Reuben as sportman in hierdie week se Vaalweekblad (8 Februarie 2023).

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button