Local newsNewsNews

Senior burger (67) ontvoer, vermoor

Die polisie van Vereeniging sê die lyk van ’n 67-Jarige vrou van Vereeniging wat Donderdag vermis geraak het is Maandag (6 Februarie 2023) in ‘n swart vullissak naby McKay Estates en Redan gevind.

VEREENIGING. – Die 67-jarige Charlotte Chrisine Fenn is blykbaar op Donderdag (2 Februarie 2023) die laaste keer gesien toe sy haar huis om 15:00 verlaat het.

Sy het glo in die rigting van die R59 gery met haar wit Kia met registrasienommer DY 08 GY GP.

Volgens kapt. Funda, ‘n woordvoerder vir die polisie in Vereeniging, is sy later as vermis aangemeld toe sy nie teruggekeer het nie.

Volgens Funda het ‘n ‘n verbyganger Maandag ‘n swart sak naby McKay Estates en Redan gemerk en onraad vermoed.

Die polisie is na die toneel ontbied waar hulle Fenn se liggaam aangetref het. Sy is vermoedelik geskiet en het verskeie wonde aan haar kop gehad.

Volgens Funda ondersoek die polisie ’n saak van ontvoering en moord.

Mense met inligting word versoek om die polisie se CrimeStop nommer by 08600 10111 of die Vereeniging-polisiestasie by (016) 450 2262 te skakel.

Die soektog na die vermiste Charlotte Chrisine Fenn (69) het Maandag tot ‘n tragiese einde gekom toe haar oorblyfsels in ‘n veld buite Vereeniging gevind is. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button