Local newsNewsNews

Uit my pen – die week in Vaalweekblad

Onthou, die Vaalweekblad is weer van Woensdag, 8 Feb beskikbaar by jou naaste winkel of vulstasie in die Vaaldriehoek. Lees meer oor wat jy te wagte kan wees.

Dit was ‘n emosionele week. Ek was bevoorreg om weer die herdenkingsdiens en seremonie by die Hoërskool Driehoek te kon bywoon.

Mag die artikels op bl. 1 en 4 bydra tot hoop en genesing. Ek haal my hoed af vir hierdie jaar se matrieks.

Dan het ek ook by die groot biker met die goue hart, Wayne Lendrum gaan draai en lekker gekuier oor alles en nog wat. Lees meer oor hom op bl. 7

In my rubriek, Ek sê maar net, vertel ek hoe moeilik dit kan wees om hoenders af te neem, veral as mens nie so geseënd is met fotografiese talent nie. Moenie die rubriek op bl. 12 misloop nie.

Ons maak ook kennis met die 11-jarige Clarissa Steenekamp, ‘n boogskutter van formaat wat eersdaags Suid-Afrika in ‘n internasionale toernooi gaan verteenwoordig.

Natuurlik is daar ook die blokraai, sport nuus, harde nuus en vele meer, maar synde dat ek nie daaroor hand aan die sleutelbord gesit het nie, gaan ek nie daaroor uitbrei nie. Julle moet self lees!

Groetnis van huis tot huis.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button