Local newsNews

Die gordyn sak vir oulaas vir geliefde akteur

Veteraanakteur Louis van Niekerk sterf op 87 jaar

Liefhebbers van Afrikaanse verhoog en TV-produksies het gisteraand (Dinsdag 7 Februarie 2023) met hartseer kennis geneem van die afsterwe van Louis van Niekerk, ‘n bekende veteraan in die bedryf. Hy het gisteraand omstreeks 19:00 in die Milpark-hospitaal in Johannesburg beswyk. Hy was 87 jaar oud.
Louis Van Niekerk het reeds op die ouderdomn van 12 jaar aan drama- en toneelproduksies begin deelneem.
Deur die jare het hy ‘n bekende verhoog-, rolprent- en TV-akteur geword en was ook ‘n gerekende teaterregisseur.
Sy eerste verhoogrol was in Babs Laker se “Ek onthou vir Mamma”. Hy het sy debuut op film in Carfo se “Die Voortreflike Familie Smit” in die1960’s gemaak
Van Niekerk was onder andere ook Giel in PG du Plessis se “Siener in die Suburbs” (1975), Mattewis in Mikro se “Mattewis en Meraai”, en Othello in die gelyknamige produksie saam met Marius Weyers en Sandra Prinsloo.
Leon van Nierop, regisseur, teaterkenner en rolprentkritikus, sê Van Niekerk se talent, rustige teenwoordigheid in die ateljee, kalmte en weergalose talent gaan baie gemis word. “Sy goue stem en begrip van hoe om vir ‘n mikrofoon te speel, het ons almal verryk,” sê Van Nierop.
“Louis van Niekerk was ‘n baken in die kunste. Ons dink almal met groot deernis aan hom en sy familie en talle, talle vriende en kollegas.”

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button