Local newsNewsNews

Verdagte (30) vas na gewapende rooftog, skietery en jaagtog in Vereeniging

’n Rooftog in Vereeniging se middestad het Vrydagoggend (10 Februarie 2023) op ’n slegte noot geëindig vir 30-Jarige verdagte wat Vrydag deur die polisie in hegtenis geneem is.

VEREENIGING. – Daar word beweer dat vier gewapende mans Vrydagoggend ’n sake-eienaar in die middestad oorval en beroof het terwyl hy vroegoggend besig was om sy winkel oop te sluit.

Die gewapende verdagtes het ’n onbekende hoeveelheid geld gebuit en toe in ’n voertuig op die vlug geslaan.

Volgens kapt. Fikile Funda, woordvoerder vir die polisie in die Sedibeng-distrik, het ’n verbyganger die rooftog sien afspeel en lede van die gemeenskap gevra om te help.

Die rooftog het Vrydagoggend in Vereeniging se middestad afgespeel. Foto: Sifiso Jimta

“Gemeenskapslede is van die rooftog in kennis gestel en het die verdagtes in ’n voertuig agternagesit.

“By De Villiersstraat het die gemeenskapslede die honde-eenheidteegekom en hulle in kennis gestel dat die verdagtes besig is om te vlug,” vertel Funda.

Polisielede in die nabye omgewing is ontbied.

Die verdagtes het in Van Riebeeckstraat hul voertuig agtergelaat.

‘n Oor-en-weer skietery tusssen die verdagtes en die polisie het gevolg.

Die verdagtes het hul voertuig in Van Riebeeckstraat gelos en per voet laat spaander. Foto: Sifiso Jimta

Drie van die verdagtes het per voet van die toneel af gevlug, maar een van die verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem.

Volgens Funda is saakdossiere van sakeroof, poging tot moord, sowel as die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie geopen.

Volgens Funda is die sukses te danke aan goeie samewerking tussen die polisie, Sekuriteit Sonder Grense (‘n sekuriteitsmaatskappy), lede van die gemeenskap en die sake-gemeenskap van Vereeniging.

Die verdagte sal eerstaagse in die hof verskyn.

Drie van die verdagtes het per voet weggehardloop. ‘n Vierde een is aangekeer. Foto: Sifiso Jimta

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button