Local newsNews

Terugslag: Annelize veg van vooraf teen weerstandige bakterieë

'Ons vra gebede dat nuwe kursusse antibiotika sal werk,' vra bekommerde gesin

 

Vaalweekblad het onlangs berig dat dit beter gaan met Annelize Potgieter (39) van Meyerton, wat vier maande lank teen septisemie geveg het na ‘n noodsaaklike rugoperasie. In die vorige berig het Annelize en haar gesin groot dank uitgespreek teenoor almal wat hulle uit verskeie wêrelddele met gebede en bydraes bygestaan het. Die slegte nuus is dat die bakteriële infeksie ongelukkig van vooraf opgevlam het.

“Annelize het die afgelope weke terugslag op terugslag gehad,” sê haar ma, mev. Alida Lottering.
“Sy is weer in ongevalle opgeneem met ‘n infeksietelling van 89, en na 14 drips was die uitslag dat die bakterieë weerstandig was teen die Rossevin-antibiotika. Drie dae later is met 2000 mg Amoxyclav BD antibiotika begin om die geharde MSSA-bakterieë te beveg, en tans is sy op ‘n 10-dae penisillienkursus in die hoop dat dit die infeksie gaan wen. Ons vra gebede dat hierdie behandeling suksesvol gaan wees,” sê mev. Lottering.

Annelize se mediese rekening het voor die jongste terugslag reeds R40 000 beloop, en met al die nuwe behandelings en bloedtoetse klim dit by die dag hoër. Haar familie en vriende is besig met verskeie insamelingspogings om vir haar mediese uitgawes te help betaal. Een daarvan is ‘n wedstryd waarin ‘n naweekwegbreek by Soetdorings-vakansieplaas gewen kan word. Mense wat lootjiekaartjies teen R100 elk wil koop, kan mev. Lottering kontak by 082 811 5301.

Lees die vorige berig by hierdie skakel:  https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/153994/diep-dankbaar-oor-hulp-uit-baie-werelddele/

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button