Gratis voëlkyk-ekspedisie. Almal welkom
Die Vaal Voëlklub nooi alle belangstellendes na 'n besonderse voëlkyk oggend. Lees meer...
VANDERBIJLPARK. – Al die gesoute voëlkykers, sowel as beginners word genooi om saam met die Vaal Voëlklub op ‘n lekker voëlkykekspedisie te gaan.
Die groot dag is Saterdag, 4 Maart 2023.
Dit word by Boschenvaal gehou en toegang is gratis.
Enigste voorwaarde is dat jy voor 1 Maart 2023 jou naam en kontakbesonderhede vir Rina de Klerk moet stuur.
Haar nommer is 082 626 6990.
Die vroegopstaners wat lus is vir ver stap en baie sien ontmoet mekaar om 06:00 by die ingangshek.
Die wat bietjie wil laat slaap of nie kans sien vir so ver stap nie, kom om 07:30 by die hek bymekaar.
Boschenvaal is privaat eiendom so die hek word spesiaal om 06:00 en dan weer 07:30 oopgemaak. Bring ‘n afskrif van jou ID saam en natuurlik genoeg water, koeldrank, eetgoed, verkyker en ‘n kampeerstoel.
Moenie jou hoed en sonblok vergeet nie!

