Local newsNewsNews

Brand verwoes kitskoskombuis

Die kombuis van die Glamor Magic YANYS-kafee in Vereeniging se middestad is verwoes en die gewilde kafee bly vir eers gesluit terwyl opruimingswerk gedoen word.

VEREENIGING. – Die brand het Sondagaand omstreeks 19:30 by die bekende kafee op die hoek van Voortrekkerstraat en Rhodeslaan ontstaan.

Die vloere van die kafee was Maandagoggend (13 Februarie 2023) tydens Vaalweekblad se besoek nog bedek in ‘n swart laag roet.

Volgens David Mammouchi, ‘n familielid van die eienaar, het die kombuis die meeste skade opgedoen.

Mammouchi sê hy het omstreeks 19:30 Sondagaand ‘n oproep ontvang waarin hy meegedeel is dat daar rook uit die gebou uit borrel.

Die Emfuleni-brandweer is ontbied, maar volgens Mammouchi het hulle langer as ‘n uur geneem om uit te kom.

Dit is welbekend dat die brandweerstasie tans onder uitdagings, insluitend ‘n gebrek aan diesel, gebuk gaan.

Die eienaar Aghiles Amenna, ‘n Algeriese sakeman, is van Frankryk af op pad Suid-Afrika toe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button