Local newsNews

Wys jou liefde vir jou vierpootvriend op Valentynsdag!

Diere gee vir ons onvoorwaardelike liefde - ELKE dag van die jaar!

 

Gee jou beste vierpootvriend vandag ‘n soen en ‘n knuffel. Nie almal het daardie luukse nie. Vir diegene wat alleen en sonder die geselskap van ‘n harige vriend is, onthou asseblief dat daar baie huislose diere by die DBV wag om vir jou liefde te wys, nie net op Valentynsdag nie, maar elke dag.

Inspekteur Lycinda Visser van die Vanderbijlpark/Vereeniging DBV wens alle diereliefhebbers ‘n liefdevolle Valentynsdag toe.
“Dankie vir al die vriendelike boodskappe en bederfies. Ons is so trots om die mense en diere in ons gemeenskap te dien,” sê Lycinda.

Inspekteur Lycinda Visser van die Vanderbijlpark/Vereeniging DBV en Zoë, een van die liefdevolle hondjies wat vir aanneming beskikbaar is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button