Local newsNews

Lewensliggies se baadjie kuier saam met Nico in Hongkong

Die kosbare baadjie het al die pad saamgegaan Ooste toe, en gisteraand het Nico dit (gedagtig aan sy Lewensligvriende in Vanderbijlpark) aangetrek om na die stad se liggies te gaan kyk.

 

Die bekende skrywer en geskiedenisliefhebber, Nico Moolman, is tans op besoek aan Hongkong saam met ‘n vriend van Upington, JD Goosen. Nico kuier onder andere ook saam met Alfred Chan, met wie hy al 37 jaar vriende is.
Nico en sy vrou, Naomi, het dekades lank in Vanderbijlpark gewoon en -werk voordat hulle na Utrecht in KwaZulu-Natal verhuis het en ‘n baie interessante museum daar op die been gebring het.
Terwyl hulle nog in die Vaaldriehoek was, was hulle baie betrokke by die Lewenslig Sentrum vir gestremdes, en baie van die “Liggies” beskou Nico en Naomi steeds as hul geliefde “oupa en ouma”. Die gevoel is natuurlik wedersyds want Nico en Naomi het steeds ‘n baie sagte plek vir al die Liggies.
Toe die inwoners ‘n paar jaar gelede ‘n kleurryke baadjie aan Nico gegee het waarop hul name en prente van hulself aangebring is, het hy belowe dat dié gewaardeerde geskenk met groot trots bewaar sal word.
Die kosbare baadjie het al die pad saamgegaan Hongkong toe, en gisteraand het Nico dit aangetrek om na die stad se liggies te gaan kyk.
“So skyn die ‘Liggies’ se liggies toe helder saam met die liggies van Hongkong,” sê Nico.
Hy het gevra dat Vaalweekblad die foto’s vir sy “Liggies-kleinkinders” moet aanstuur met die boodskap dat hulle altyd naby aan sy hart en gedagtes is, al is hy ook ver oor die waters.

* Nico is die skrywer van verskeie boeke, onder andere:
Die Pienk Traaisiekel.
Die Pienk Baaisiekel.
Kuier in ‘n Plaaskombuis.
South Africa at a Canter.
Die Groot Kwilt.
Uit Ouma se Uitsetkis.
The Boer Whore. (Kamphoer)
Zij.
Feetjies van die Wolke/Cloud Fairies.
Die Wildtuinbus.
Die Safari Bus.
Karren-melk vir Ta’ Nonnie.
Die Towerblom (operette)

Van sy boeke is steeds te koop by kunstefeeste en ook by uitgesoekte aanlyn-winkels. Volg gerus die interessante plasings op Nico se Facebook.

Nico Moolman en ‘n vriend, JD Goosen, is tans op besoek aan Hongkong

Nico Moolman met sy “Liggies”-baadjie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button