Local newsNewsNews

KYK: Rivierlapa stort ineen weens krag van rivier

Groot skade is die naweek aan eiendomme langs die Vaalrivier aangerig nadat nog sluise by die oorvol Vaaldam oopgetrek is.

VEREENIGING. – In ‘n voorval Sondagmiddag (19 Februarie 2023) het ‘n rivierlapa langs die Vaalrivier ten aanskoue van omstanders ineengestort nadat die struktuur meegegee het weens die sterk stroom.

Daar was ‘n gekraak en oomblikke later het die dak ingegee en met die rivier afgedryf.

In die nabye omgewing het ‘n watersport-entoesias met sy jetski rondgery – ten spyte van waarskuwings deur owerhede aan die publiek om van die water af weg te bly.

Volgens die jongste syfers wat deurgegee is was die Vaaldam teen Sondag (19 Februarie 2023) 113.7% vol met ‘n invloei van 2 869m³/s met ‘n uitvloei van 2 188m³/s.

Daar is tans 12 sluise by die Vaaldam oop.

Eers was daar harde kraakgeluide. Foto: Christiaan Cloete
Die dak van die rivierlapa stort ineen. Foto: Christiaan Cloete
Die dak beland in die water. Foto: Christiaan Cloete
Water spat soos die dak in die rivier neerplons. Foto: Christiaan Cloete
Die dak word meegesleur deur die Vaalrivier in volle vloed. Foto: Christiaan Cloete
Stukke van die dak dryf met die Vaalrivier af in Vanderbijlpark se rigting. Foto: Christiaan Cloete
‘n Watersport-entoesias jaag met sy jetski op die Vaalrivier in vloed. Foto: Christiaan Cloete
Die stroom is baie sterk en het reeds gedeeltes van hierdie palisadeheining weggespoel. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button