Local newsNewsNews

Van pampoenstoor tot liefdadigheidstoor

Die “pampoenstoor” het met verloop van tyd in ‘n liefdadigheidstoor verander waar klere, linne, meubels en ander items spotgoedkoop verkoop word.

VANDERBIJLPARK. – In September 2013 het NG Kerk Driehoek, met ‘n Helplift-Netwerk in die Vaal Driehoek begin.

Daaruit het die Helplift Netwerk Vaaldriehoek, ‘n nie-winsgewende organisasie, ontstaan wat hulpbronne (skenkers) en organisasies, wat behoeftiges help, met mekaar verbind.

Helplift skenk ook klere aan individue wat deur kerke en welsynorganisasies verwys word. (Navrae: Tersia Kellerman)

Nadat die vorige perseel waaruit Helplift Netwerk bedryf was verkoop is, het Pioneer Huis aan Helplift hul “Pampoenstoor” beskikbaar gestel om meubels en oortollige goed te stoor.

Vanweë die groot nood in die CW5 area en die goeie guns van die Pioneer personeel, het uit die pampoenstoor ‘n pragtige liefdadigheidstoor ontstaan wat nie net klere nie, maar ook linne, meubels en ander items spotgoedkoop verkoop.

Die doel is dat die inwoners van CW5 en ander areas in die omgewing hoë kwaliteit klere teen bekostigbare pryse of selfs gratis kan bekom.

Navraein verband met die vouchersisteem en verwysingsbronne vir gratis klere, kan by Tersia Kellerman (082 452 1812) gedoen word.

Daar is ‘n groot aanvraag na baba-klere, beddegoed, badkamer-benodigdhede (veral handdoeke), komberse, kombuisware, speelgoed, boeke, breekware en kleinnommer-mansklere (veral skoene, hemde en broeke).

Helplift Netwerk is afhanklik van skenkings van donateurs wat ons instaat stel om die mense in nood op verskeie maniere by te staan.

Helplift Netwerk verseker dat die bepalings en voorwaardes van skenkers gerespekteer word en stel minderbevoorregte mense in staat om toegang te verkry tot goedere en dienste wat hulle normaalweg nie sou kon bekostig nie.

Helplift Network se Pioneer-tak is in Stephensonstraat, CW5, Vanderbijlpark geleë (gebruik die studente ingang) en is Maandae en Donderdae oop tussen 09:00 en 15:00. Die winkel is ook op  Saterdae oop tussen 09:00 en 12:00.

Helplift Netwerk se Pioneer-tak in Stephensonstraat, CW5, Vanderbijlpark waar klere, linne, meubels en ander items spotgoedkoop verkoop word. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button