Local newsNewsNews

Motorfietsryers ruk op vir Sheba die tier

WALKERVILLE. – ’n Groep motorfietsryers wil op Sondag 26 Februarie 2023 aan ’n massarit deelneem om bewustheid te skep rondom die lot van wilde diere, soos tiere, wat deur mense aangehou word.

Dit volg na die ontsnapping van Sheba, ‘n tierwyfie wat in Januarie van ’n kleinhoewe in Walkerville ontsnap het, en ’n paar dae later deur haar eienaar van kant gemaak is nadat sy verskeie diere en ’n mens aangeval het.

Guy Mylchreest, stigter van die 45’s-motorfietsklub in Suid-Afrika en organiseerder van die massarit, sê die rit gaan oor geregtigheid vir Sheba die tier en baie ander tiere wat op ’n soortgelyke wyse aangehou word.

Daar is in Suid-Afrika tans geen wetgewing wat die aanhou van eksotiese diere soos dié verbied nie.

Dit is geensins ‘n aanval op die eienaar van die tier of enige ander mense wat tiere wat aanhou nie. Ons voel net dat groot katte nie in aanhouding hoort nie. Hierdie diere is nie troeteldiere nie en hoort in reservate,” sê Mylchreest.

Volgens Mylchreest sal die rit ook gebruik word om fondse vir Four Paws, ’n dierewelsynsorganisasie, in te samel.

Volgens Mylchreest is die massarit nie net vir motorfietsryers nie. Hy sê motoriste en mense wat van ander vorme van vervoer gebruik wil maak is ook welkom om aan die massarit deel te neem.

Die massarit begin op Sondag 26 Februarie 2023 om 09:30 by die Engen Blockhouse-vulstasie op die R59-snelweg (suid) en deelnemers sal stiptelik om 10:30 in ’n konvooi vertrek na die Walkerville Landbou Skougronde, waar daar saam gekuier sal word.

By die skougronde sal daar musiek, vermaak en stalletjies wees.

Die plakkaat wat gebruik word om die massarit op 26 Februarie te bemark.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button