Local newsNewsNews
Storm ontwortel bome
Ry versigtig. Paaie is nat, krag is in groot gedeeltes af en bome versper strate

VANDERBIJLPARK.- Die storm wat Maandag, 20 Februarie oor Vanderbijlpark losgebreek het, het groot ontwrigting veroorsaak.

Nie net het dit groot gedeeltes van die CW-areas, NW7 en die kleinhoewes sonder krag gelaat nie, bome is ook ontwortel.
Teen 14:30 is daar berigte ontvang van bome wat oor die pad lê in Siemensstraat CW3, GH Franz CW4 en in NJ van der Merwestraat, CW4.
Los takke in die straat is ook in Hadfieldstraat, CW1 opgemerk.
Motoriste word gevra om hul hoofligte aan te skakel en versigtig te wees.
Bereik eerder die bestemming laat as nooit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
