CommunityLocal newsNews

Jeugland hou feestelik basaar!

Baie dankie aan almal wat bygedra het tot die dag se sukses!

Jeugland Tehuis vir Bejaardes het Saterdag hul gewilde jaarlilkse basaar gehou, en soos gewoonlik was daar iets vir almal – van basaarpoeding en pannekoek tot vleisdisse, handgemaakte kunswerke, ‘n wit-olifanttafel met hope bruikbare produkte, tweedehandse boeke en vele meer.

Die geleentheid was beslis nie net vir ouer garde nie. Trompoppies het ekstra swier aan die dag verleen en die jongklomp kon hulself geniet op die terrein van die aangrensende NG Sentraal-gemeente.

Tehuisbestuurder me. Katinka Nel bedank almal wat tot die dag se sukses bygedra het.

Foto’s: Marius Jordaan

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button