BusinessLocal newsNews

Kom kuier saam by Windpomp Plaasmark op 11 Maart!

Daar is nog ruimte beskikbaar vir uitstallers by 11 Maart se markdag. Kontak Elbie by 084 506 1314 vir meer inligting.

 

MEYERTON. – Almal wat graag wil wegbreek uit die daaglikse stadsgewoel kan Saterdag, 11 Maart kom kuier by die Windpomp-plaasmark op die plaas Kookfontein in Midvaal.
Bring die hele familie want daar gaan lekker musiek, lekker kos en hope tuisgebak wees wat in almal se smaak sal val. Onthou om ook genoeg geld te bring om van die unieke handgemaakte produkte te koop. Die kleingoed sal goed besig gehou word met ‘n springkasteel en ‘n plesierige speelterrein.
Toegang is gratis, maar ‘n bydrae van nie-bederfbare kos of kontant sal baie waardeer word. Dit is ten bate van die Lerato Kinderhuis in Meyerton.
Die mark begin op Saterdag, 11 Maart om 09:00 en hou aan tot omstreeks 13:00. Voer hierdie adres op jou GPS in vir aanwysings: 48 Donald Road, Meyerton.
* Daar is nog ruimte beskikbaar vir stalletjies en uitstallers by 11 Maart se markdag. Kontak Elbie by 084 506 1314 vir meer inligting.

Sommige van die Windpomp Plaasmark se stalletjies tydens ‘n vorige markdag op die plaas Kookfontein in Midvaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button