Local newsNewsNews

Is dit ‘n openbare swembad?

Ek het al baie slaggate en slegte paaie gesien, maar hierdie een...

VAALPARK. – Is dit ‘n openbare swembad? ‘n Plaasdam? Nee, dis ‘n massiewe slaggat in ‘n openbare pad.

Saturnstraat in die Naledi Industriële gebied in Vaalpark is meer gat as pad. Hoe al daardie besighede se mense enigsins elke dag ongeskonde by die werk kom gaan my verstand te bowe.

Vandat mens vanuit Paardebergstraat (wat besonders goed daaraan uitsien die afgelope tyd) uitdraai in Saturnstraat, voel dit mens is onverwags en ongevraagd op ‘n 4×4 roete – sonder ‘n 4×4.

Dis gate op gate en van daardie gate kan nou al as slote klassifiseer. Die ergste is die reuse watergevulde slaggat wat bykans ‘n hele draai vol lê.

Almal weet die munisipaliteit gaan nie daar regmaak nie, maar kan die besighede (en daar is dosyne) nie maar inspring en help nie?

Stephen Venter van Bring Hoop Vaal sê hulle is meer as bereid om die gate in die gebied reg te maak, op voorwaarde dat die besighede darem ook bietjie hand in die sak steek en help.

Ek doen ‘n beroep op die besigheidseienaars in daardie gebied. Staan saam, werk saam en kry die paaie reg, voordat daar lelike ongelukke plaasvind en lewens in die slag bly.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button