Local newsNewsNews

Universiteitstudent doen skripsie oor uitwerking van Vaal se Krion-skandaal

’n Meestersgraadstudent aan die Universiteit van Stellenbosch doen navorsing oor die sosio-ekonomiese impak wat die Krion-skandaal op mense in die Vaaldriehoek se lewens gehad het.

Gita Davids, ’n meestersgraadstudent in geskiedenis, is op soek na mense wie se lewens eerstehands deur die skandaal geraak is.

Mense wat regstreeks deur die skandaal geraak is, word versoek om vir Gita by 076 805 5528 te skakel of vir haar ‘n e-pos te stuur.

Jy kan ook op Facebook met haar in verbinding tree.

Gita sê alle inligting en persoonlike onderhoude sal vertroulik hanteer word in ooreensteming met etiese regulasies van die Universiteit van Stellenbosch.

Ongeveer 14 000 beleggers het oor ‘n kwessie van vier jaar meer as R1.5 miljard in die Krion-piramideskeme verloor en baie huisgesinne in armoede gedompel.

Ongeveer 75% van die beleggers was ouer as 40 jaar, terwyl 28% van hulle tussen die ouderdomme van 50 en 97 was, wat bevestig dat baie pensioenarisse hul aftreegeld in die skema belê en verloor het.

Gita Davids, ‘n meestersgraadstudent aan die Universiteit van Stellenbosch, doen navorsing oor die sosio-ekonomiese impak van die Krion-skandaal. Foto: Facebook/Gita Davids

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button