Local newsNews

Maak jou troukoek stylvol met ‘n ‘Cake Topper’

Dit is inderwaarheid unieke, dekoratiewe kunswerke wat tans weer baie gewild by troues en ander spesiale feesvieringe is

Hierdie is een van die advertensieberigte wat in Ster se Wedding Guide gepubliseer is. Bewaar gerus Marie se foonnommer vir die dag wat jy ‘n gewone koek met ‘n tikkie styl wil opkikker vir daardie spesiale geleentheid!

‘n ‘Cake Topper’, ‘n dekoratiewe kunswerk wat bo-oor ‘n koek vir ‘n spesiale geleentheid pas, is tans weer baie gewild in Suid-Afrika as jy daardie ekstra tikkie styl aan jou trou- of verjaardagkoek wil gee.

Marie Tolmay, ‘n afgetrede skoolverpleegkundige en voormalige privaatverpleegkundige wat ‘n privaatdiens van skoolgesondheid by kleuterskole gelewer het, se take het tot stilstand gekom in die Covid-tyd. Sy het in die maak van ‘Cake Toppers’ begin belangstel en het besluit om een vir haar moeder se verjaardagkoek op haar 100ste verjaardag te maak. Die eindproduk was inderdaad indrukwekkend!

Intussen het die maak van ‘Cake Toppers’ nie net ‘n genotvolle stokperdjie vir die elegante Marie geword nie, maar ook ‘n manier om ‘n ekstra geldjie te verdien.
Hoewel Cake Toppers van verskillende materiaal gemaak kan word, skep Marie hare uit versiersuiker, met tema-karaktertjies, ornamentjies of blomme vir ekstra afronding. Die volledige topper of “gazebo” pas dan uiteindelik netjies op of bo-oor ‘n koek.

Elke topper word individueel volgens ‘n kliënt se spesifieke tema en smaak beplan. Die versiersuiker word fyntjies gevorm, maar dis ‘n langsame proses want elke deel neem lank om te set, sê Marie. Om dié rede moet ‘n ontwerp minstens twee maande vooruit bestel word om te verseker dit is gereed teen die beplande datum van jou troue, ‘n doop of verjaardag.
Marie se klein toppers wissel in prys vanaf sowat R400 en die gazebo’s vanaf R1 200 en hoër, afhangende van die detail, hoeveelheid versiersuiker en arbeid. Elke gazebo het ook sy eie naambordjie wat by die tema pas. Buiten dat dit ‘n bekostigbare alternatief vir duur troukoeke is, is dit ‘n lieflike kunswerk wat jy vir jare kan bewaar as ‘n herinnering aan jou spesiale dag.

Kontak Marie by 082 346 2621 vir meer inligting of om te bestel.

 

 

Die kunstige en stylvolle Marie Tolmay.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button