CommunityLocal newsNews

Kom kuier saam by die Windpomp Plaasmark op 15 April!

Daar is nog ruimte beskikbaar vir uitstallers. Kontak Elbie by 084 506 1314 vir meer inligting.

MEYERTON. – Almal wat graag wil wegbreek uit die daaglikse stadsgewoel kan Saterdag, 15 April 2023 kom kuier by die Windpomp-plaasmark op die plaas Kookfontein in Midvaal.
Bring die hele familie want daar gaan lekker musiek, lekker kos en hope tuisgebak wees wat in almal se smaak sal val. Onthou om ook genoeg geld te bring om van die unieke handgemaakte produkte te koop. Die kleingoed sal goed besig gehou word met ‘n springkasteel en ‘n plesierige speelterrein.
Toegang is gratis. Die mark begin op Saterdag, 15 April om 09:00 en hou aan tot omstreeks 13:00. Voer hierdie adres op jou GPS in vir aanwysings: 48 Donald Road, Meyerton.
* Daar is nog ruimte beskikbaar vir stalletjies en uitstallers by 15 April se markdag. Kontak Elbie by 084 506 1314 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button