Kom maak kennis met dié Saterdae-vlooimark
Kom kuier Saterdae saam by Bedworth Center in Bedworthpark

SAKENUUS
Hier’s ‘n lekker nuwe VLOOIMARK en kuierplek op Saterdae – gerieflik tussen Vanderbijlpark en Vereeniging!
Dit vind elke Saterdag vanaf 08:00 af plaas by die Bedworth Center in Vanderbijlpark, op die hoek van Ascot- & Cassandralaan, digby die Barragepad – maklik bereikbaar!
KOM ONDERSTEUN ONS ENTREPRENEURS
Stalletjies is gratis vir die volgende twee Saterdae!
Uitstallers moet vinnig van hulle laat hoor om van die gratis aanbod gebruik te maak!
WhatsApp Frik Fourie by 064 551 1772 vir meer inligting.

Foto’s onder en bo – Van die uitstallers wat aan die Vlooimark by Bedworth Center deelneem. Kom maak gerus komende Saterdag ‘n draai hier!


