Meyerton Gholfklub kroon sy eie Masters-kampioen
Meer as 60 deelnemers het oor twee dae meegeding vir die gesogte groen baadjie.
Meyerton Gholfklub het onlangs sy eie Meyerton Masters toernooi met groot sukses aangebied.
Rod Williams het uiteindelik as kampioen uit die stryd getree, na die eerste putjie van ekstra spel teen Jan-Hendrik Marais.
Meyerton Gholfklub het ook onlangs die heropening van sy funksie lokaal gevier.
“Groot dinge is aan die gebeur by die klub en die bestaande klubfasiliteite word ook opgeknap,” sê mnr. Tiaan Burger, klubvoorsitter.
“Meyerton Gholfklub se strewe daarna om ‘n gemeenskap en familie georiënteerde klubhuis te wees is verseker besig om te realiseer”.
Die klub nooi spelers om die baan te beproef en die verandering by die klub te ervaar.
Besprekings kan gemaak word op 016 362 0809. Vir navrae rakende die funksie lokale kan 083 7637 109 geskakel word.

