Anker Skool bedank hul besigheidsvriende
Die Anker Skool se sakeonbyt bied die geleentheid vir sakelui, verskeie organisasies en gemeenskapleiers om te netwerk en verhouding te bou.
VANDERBIJLPARK – Dit is al tradisie. Wanneer die jaar einde se kant toe staan, kom besigheidseienaars, sakelui en gemeenskapsleiers bymekaar by Die Anker Skool vir die skool se jaarlikse Besigheidsontbyt.
Vrydag was dit weer sulke tyd. Die skool se leiers het gesorg dat elke motor ʼn plek kry en elke gas is vriendelik ontvang en gesels-gesels na die saal geneem.
Mnr. Anker 2026 Jayden Viviers en Mej. Anker 2026 Leanie Beukes het almal by die deur welkom geheet. Teen 10:00 was die saal gepak en ʼn gedruis van stemme het opgeklink.

Hierdie jaar se twee sprekers was, voormalige politieke analis en huidige DA-burgemeesterkandidaat vir die JB Marks Munisipaliteit, Prof. Theo Venter en bekroonde joernalis Izak du Plessis.
Die Anker Skool is ʼn bastion onder skole vir kinders met spesiale leer behoeftes en gaan van krag tot krag. Dis duidelik dat die hoof, Francois du Toit en die personeel omgee vir die leerders wat hul dan ook as “hul kinders” beskou.
