Local newsNewsNews

Uit my pen – die week in Vaalweekblad

Vaalweekblad is weer van Vrydag, 21 April te koop.

Die week is daar weer ‘n mengelmoes van stories in die Vaalweekblad, van hartseer nuus tot sportprestasies.

8 April het daar ‘n vuur in die Geyers se huis in Sasolburg ontstaan. In die week het ek ‘n draai by hulle gemaak en die verwoesting aanskou.

Hulle het bykans alles verloor, maar werk nou hard om die huis weer bewoonbaar te kry.

Naas die hartseer nuus is daar ook ‘n lekker goed voel storie oor Pierre de Villiers en sy dienshond, Zara op bl.5.

Leer die man agter Vanderbijlpark se baie WhatsApp klagtegroepe, Will van nader ken en kyk wie verteenwoordig die Vaaldriehoek in die Mrs Grand SA kompetisie.

In my rubriek, Ek sê maar net, speel ek potjiekos beoordelaar, gesels met Liewe Heksie en giggel vir my kollega se kantoormannewales.

Dit en nog vele meer in die week se Vaalweekblad, beskikbaar vanaf 21 April 2023.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button