Local newsNews

Colin Dee doen dit weer Met Die Eerste Kyk

Afrikaanse country sanger en radio omroeper Colin Dee se nuwe musiekvideo is 'n moet sien en het al die potensiaal om 'n treffer te word.

VEREENIGING – Die Vaaldriehoek se eie Colin Dee het so pas sy nuwe enkelsnit video, Met Die Eerste Kyk vrygestel.

Dis ʼn op en wakker liefdeslied wat vra om weer geluister te word. Die video is by Sharky Town opgeneem. Colin en sy vrou, Dalmain, bewys in die video dat Met Die Eerste Kyk ʼn lekker dansnommer is.

Colin sê die liedjie en video was ʼn spanpoging soos min. Op sy Facebookblad het hy gesê: “’n Groot dankie aan Melkbos Musiek, Francois Swart en Leon Barnardt vir die pragtige video, asook Ferdinand Skeat vir die opname en produksie.

“Aan my wonderlike band-lede, Hannes, Johan, Fanie, Phillip en Henke, dankie vir julle harde werk, passie en ongelooflike bydrae.

“’n Spesiale dankie aan Oupa Fanie en Ouma Manda, asook Dries en Elsa, wat ons dansers was. Julle het die video ekstra spesiaal gemaak!

Aan my pragtige vrou, Delmain – jy het absoluut beeldskoon gelyk! Dankie vir jou liefde, geduld, ondersteuning en alles wat jy vir my beteken. Sonder jou sou hierdie pad nie dieselfde gewees het nie.”

Dit was tot dusver ‘n goeie jaar vir Colin wat onlangs twee toekenings by die SA Country Music Association/Foundation (SACMAF) toekenningsaand ingepalm het. Sy My Wens Vir Jou wat deur Sunette Bridges geskryf is, het hom die Beste Afrikaans Ballade Manlik besorg en dan het hy die Country Gospel Cover Song of the Year kategorie gewen met sy weergawe van Help Me.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button