Local newsNewsNews

Belangrike besluit oor woonbuurt se toekoms geneem

Inwoners van Drie Riviere in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het tot Woensdag 26 April 2023 tyd om aan te dui of hulle ten gunste van die herafbakening van die munisipale grense is.

VEREENIGING. – Die herafbakening sal behels dat die buurte van Drie Riviere Proper en Drie Riviere Oos, wat tans deel van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit vorm, by die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit heringedeel sal word wanner die munisipale grense herafgebaken word.

Inwoners het tot volgende week Woensdag om hul sê oor die kwessie te sê.

Inwoners van Drie Riviere moet die herafbakeningsnommer “DEM4185” op die vorm invul ter verwysing en dan die vrae invul.

Mense met navrae oor die proses kan vir Dalene Venter, raadslid vir Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit skakel by 082 335 8111.

Klik op die skakel om die vorm in te vul en in te dien:

https://survey123.arcgis.com/share/3f4038da868a4bf59cc114e79781b379

Indien die munisipale grense so afgebaken word sal Drie Riviere deel van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit vorm. Foto: Verskaf
Die herafbakeningsnommer “DEM4185” moet op die vorm ingevul word ter verwysing. Foto: Verskaf
`Die herafbakening sal behels dat Drie Riviere, wat tans deel van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit vorm, deel van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit word. Foto: Verskaf
Daar is net ‘n paar dae oor vir inwoners om hul sê te sê. Foto: Verskaf

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button