Local newsNewsNews

Grasdakhuis brand af by Rothdene

Brandbestryders van die Midvaal-brandweer het Saterdagmiddag (22 April 2023) gehelp om 'n brand te blus toe 'n grasdakhuis in Rothdene aan die brand geslaan het.

MEYERTON. – Volgens CERT-Sa, ‘n nie-winsgewende organisasie wat nood mediese sorgdienste en reddingsdienste in noodgevalle bied, was die Midvaal-brandweer reeds besig om die dak, wat in daardie stadium in vlamme was, te blus toe hulle na 12:30 by die toneel aangekom het.

Gelukkig was niemand tuis toe die brand ontstaan het nie. Brandbestryders het op die toneel gebly tot die brand geblus en alles onder beheer was,” lui ‘n uittreksel uit ‘n verklaring deur CERT-Sa.

Ongelukkig het die struktuur van die huis ernstige skade opgedoen en kon die gebou nie gered word nie.

Volgens betroubare bronne kon een kar, twee motorfietse en meeste van die garage se inhoud gered word, maar die inwoners het baie in die tragiese voorval verloor.

Brandbestryders op die toneel. Foto: CERT-Sa : Parys / Vaal
Die grasdak van ‘n huis in Rothdene in ligte laaie. Foto: CERT-Sa : Parys / Vaal

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button