CommunityLocal newsNews

Kom kuier in die opgeknapte Hoëveldse Tuine

Kontak Hanlie by 064 634 9741 vir meer inligting

SASOLBURG. – AfriForum se Sasolburgtak beplan ‘n interessante Herfsmark vir 29 April in die Hoëveldse Tuine. Die park is deesdae weer ‘n lushof nadat AfriForum dit onder hande begin neem het.

Kom besoek gerus die volgende mark en kies jou Moedersdaggeskenke uit ‘n verskeidenheid handgemaakte artikels en juwele.

Besoekers sal onder die lieflike bome kan kuier en smul aan heerlike etes en ander tuigemaakte eetgoed terwyl die kinders op die springkasteel baljaar. ‘n Sangkompetisie vir kinders tot 18 jaar sal ook gehou word.

Stalletjies kos R150 elk en kan bespreek word by Hanlie by 064 634 9741.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button